logomobile logo

Solidariteit

BOU

instellings

#Onsbou

Wat bou ons?

Ons kan net soos ons voorouers, soos gewone mense in ongewone omstandighede, klein begin bou aan buitengewone wonderwerke. Solidariteit bou instellings, maar veral kennisinstellings.

SOLIDARITEIT

BOU

KYK HIER

Hoekom bou Solidariteit instellings?

Die Solidariteit Beweging besef hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaars vaardighede is en dit is juis die knelpunt wat deur die Boufonds aangepak word. Met die reeds bestaande Solidariteit-opleidingsinstansies, Sol-Tech en Akademia, word jong mense die geleentheid gebied om vir hulself die nodige kennis te bekom om as ʼn minderheidsgroep in ʼn meederheidsamelewing te kan floreer.
Wat is die Boufonds?
Die Boufonds is tot stand gebring omdat Solidariteit glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die nuwe, onsekere ekonomie te beskerm. Die Boufonds het ten doel om na die behoefte van sy mense en die toekoms om te sien deur kennisinstellings te bou. Solidariteit het die onsekerhede in ons land raakgesien en besluit om iets positiefs daaraan te doen met jou hulp. As ʼn lid van Solidariteit se Boufonds los jy jou merk in die geskiedenis om die volgende generasie te bemagtig.
vennote-sol-tech

Instellings

bou-akademia

Akademia

Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe.
bou-sol-tech

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.
bou-bo-karoo

Bo-Karoo

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is op Orania gevestig en kon binne ʼn kort tyd daarin slaag om van ʼn klein, informele instelling tot ʼn volwaardige opleidingsinstelling te groei.
bou-skole

Skole

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk om Afrikaanse onderwys van wêreldgehalte volhoubaar te help verseker, in openbare asook onafhanklike skole.

Hoekom bou Solidariteit instellings?

Die geskiedenis wys dat ʼn toekoms altyd moontlik is. Net soos ons voorouers wêreldklas-instellings help bou het, bou ons by Solidariteit in vandag se onsekere tye steeds instellings. Ons doen dit vir ons nageslag, nie omdat daar ʼn keuse is nie, maar omdat daar geen alternatief meer is nie.

Die krag van ons gemeenskap

is in 2023 aan Afrikaanse onderwysinstellings toegeken
vir Akademia se kampus aangekoop
van Sol-Tech se studente kry binne ses maande ʼn vaste werk

Jy het gesien wat SOLIDARITEIT vir jou gemeenskap doen; wat doen JY?

Raak betrokke

Artikels

No data